Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 12 Augustus 2012

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

STIL SLEUTEL

Dit is met leedwese dat bekend gemaak moet word dat die sleutel van Les Clark, ZS6NV, op 9 Augustus in die ouderdom van 92 jaar stil geraak het. Les was vir 65 jaar deurlopend lid van die SARL sedert hy in 1947 by die liga aangesluit het. Hy was ook 'n lewenslange erelid van die Centurion radioamateurklub.

Ons innige meegevoel aan sy familie en vriende.

(POUSE)

IN DIE NUUS VANDAG:

MORSEKODE OP MARS

BESPREEK TOT WOENSDAG VIR DIE RTA IN GAUTENG

PERSEďDES BEHOORT PRET TE VERSKAF AAN KYKERS EN ENTOESIASTE VAN METEOORSTROOIING

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

MORSEKODE OP MARS

Wanneer Curiosity op Mars rondry laat hy 'n serie van punte en strepe in sy voetspoor agter. Wanner mooi na Curiosity se wiele gekyk word sal gesien word dat daar vierkantige en langwerpige gate in die omtrek van die wiele is. Volgens die JPL Rover Meganiese Ingenieurswese Span dien hierdie gate 'n baie belangrike doel as odometer. Die JPL-ingenieurs sal kyk na die afdrukke wat die gate op Mars se oppervlakte laat om vas te stel of Curiosity die afstand afgelę het wat dit veronderstel was om af te lę. Indien dit blyk dat die tuig nie die beoogde afstand afgelę het nie, is dit 'n aanduiding da dit vasgeval en gestop het en om hulp roep.

Dus, watter patroon het JPL gekies om op Curiosity se wiele te plas? Die gate is in 'n patroon van kort vierkante en langer reghoeke, amper soos die punte en strepe in Morsekode en wat spel dit in Morsekode uit? JPL.

U kan Curiosity op Facebook volg deur te gaan na www.facebook.com/MarsCuriosity.

BESPREEK TOT WOENSDAG VIR DIE RTA IN GAUTENG

Voorafbesprekings vir die Radiotegnologie-in-Aksie simposium, wat eerskomende Saterdag 18 Augustus by die NARS gehou gaan word, sluit Woensdagaand. Daarna kan registrasies slegs op Saterdagoggend om 08:15 by die NARS gedoen word en die registrasiefooi moet in kontant alleen betaal word. Volle besonderhede aangaande die simposium is beskikbaar by www.sarl.org.za.

Simposiumgangers wat vooraf bespreek sal deelneem aan 'n prystrekking vir die ARRL se boek “Basic Antennas”. Diegene wat verlang dat 'n program per e-pos aan hulle gestuur moet word, stuur 'n e-pos aan rta@sarl.org.za met RTA NARC in die onderwerpspasie.

Kom op hoogte aangaande voortplanting en hoe om self voorspellings te doen, hoe om antennas te beheer, kompetisielogs te hou, leer oor programmatuurgedefinieerde radio’s en hoe om so 'n eksperimentele tipe radio te bou, geniet pret met RaDAR en sien Tony Voorveld se skouspelagtige aanbieding “Tuning into nature”. Al hierdie dinge gaan gebeur met die SARL se RTA op Saterdag 18 Augustus. Deure open om 08:15 en die aanbiedings begin om 09:00.

HAAL U QSL-KAARTE TYDENS DIE RTA AF

Lede en nie-lede kan hul QSL-kaarte tydens die RTA afhaal. Die QSL-bestuurder Willem Weideman, ZS6WWJ, sal tydens verversingspouses beskikbaar wees om QSL-kaarte aan simposiumgangers te oorhandig.

PERSEďDES BEHOORT PRET TE VERSKAF AAN KYKERS EN ENTOESIASTE VAN METEOORSTROOIING

Die piek van die meteoorstrooiing deur die Perseďdes sal saamval met 'n daling in die maansiklus. Dit sal gunstige toestande skep vir kykers om die volle effek van hierdie jaarlikse gebeurtenis waar te neem.

In Suid-Afrika sal die die beste tyd om te kyk, en kontakte te probeer bewerkstellig, 23:00 tot 04:30 SAT op 12 en 13 Augustus wees.

Gewoonlik, en met 'n heeltemal skoon en donker lugruim, mag dit vir kykers moontlik wees om 20 tot 80 meteore per uur waar te neem, maar in buitestedelike gebiede kan dit tot 120 per uur styg. Wees egter bedag daarop dat plaaslike toestande soos lugbesoedeling, wolkbedekking en reën 'n groot rol mag speel in die aantal meteore wat waargeneem mag word.

Vir die beste toestande, soek 'n gebied waar sig nie deur 'n struktuur versper word nie en vęr weg van stadsligte is. Die gebruik van optiese apparaat soos vęrkykers en teleskope is nie aan te beveel nie aangesien hulle die gesigsveld baie beperk en dus die kanse verminder dat 'n ‘verskietende ster’ raakgesien sal word.

Nie toevallig nie is die Perseďde meteoorstrooiing vernoem na die Perseuskonstellasie omrede dit lyk asof dit ontstaan uit die glinsterende Griekse “hero”. Dit word nie aanbeveel om regop in die lug te kyk nie aangesien dit lyk asof dit die punt is waar hulle vandaan kom. Dit is meer waarskynlik dat 'n ligspoor gesien sal word indien effens weg van hierdie punt gekyk word. Deur halfpad in die lug op te kyk sal hierdie verskynsel die beste waargeneem kan word.

Amateurradio en die Perseďde

Indien u oor 'n 6 m of 2 m ESB/GG-sendontvanger beskik, kan u aan die aksie deelneem deur u seine deur die meteoorspore te laat weerkaats en vinnige kontakte oor honderde kilometers, ja selfs tot 2 000 km, te maak met die hulp van meteoorstrooiing. Bedryf op 6 m is besonder maklik waar 100 W en 'n omnidireksionele antenna heeltemal geskik is vir die taak. Op 2 m lewer 'n gerigte antenna, soos 'n multielement Yagi, gewoonlik beter resultate.

Party meteoorstrooiingoperateurs verkies die gebruik van ESB vir vinnige uitruil van seinverslae en ruitverwysings. Met die gratis programmatuur van Joe Taylor, K1JT, is dit selfs moontlik om kontakte d.m.v. meteoortstrooiing enige tyd van die dag of nag te maak, nie net gedurende die jaarlikse strooiingsvoorkomste nie. Meeste WSJT-strooiingsoperateurs gebruik 'n modus genoemd FSK441 en sentreer hulle aktiwiteite rondom die roepfrekwensies 50,260 en 144,140 MHz.

KOMPETISIENUUS

Kompetisieuitslae.
Vir die SARL se Winter QRP-kompetisie gehou op 21 Julie is 16 logstate en 1 kontrolelog ontvang met die volgende uitslae:
1ste Gerrit Rautenbach, ZS2XD, 2 436 punte
2de Lukas Holtzhuizen, ZS6LH, 1 560 punte
3de Andre Botes, ZS2ACP, 1 452 punte

Geluk aan Gerrit met sy prestasie. Dit wys net wat bereik kan word deur 'n bietjie ekstra moeite doen.

Teen Vrydagaand om 20:30 het die kompetisiekomitee 13 logstate en 1 kontrolelog vir die SARL HF-foonkompetisie ontvang.

Die sluitingsdatum vir die indiening van logstate is uitgestel tot middernag Maandag 13 Augustus. Die 50ste logstaat wat ontvang word sal gratis lidmaatskap vir die huidige finansiële jaar ontvang. Lees ASSEBLIEF Algemene Reël 5 en 6 voordat logstate ingestuur word.

Volgende kompetisie.

Die volgende been van die SARL se HF-kompetisie, digitaal, vind op Sondag 19 Augustus plaas.

1. Doel
Die doel van die HF-kompetisies is vir deelnemers om kontakte met so veel as moontlik amateurs in Suidelike Afrika (Algemene Reëls para 1.b) in die 20, 40 en 80 m-bande te maak.
2. Tyd
Van 13:00 tot 16:00 UTC [15:00 to 18:00 SAT].
3. Frekwensies
3 580 tot 3 600 kHz
7 040 tot 7 060 kHz
14 070 tot 14 099 kHz
PSK31 word verkies in die laer en RTD in die hoër gedeeltes van die frekwensies. Let asb. daarop dat HSB ten alle tye gebruik moet word, verwys na GR 16.
4. Kategorieë
a) Enkeloperateur, Enkelband
b) Enkeloperateur, Alle bande
c) Multi-operateur, Enkelband
d) Multi-operateur, Alle bande
Individuele kompeteerders en klubstasies word aangemoedig om deel te neem.
5. Uitruiling
RS(T) en 'n opeenvolgende nommer beginnende by 001.
6. Puntetelling

Digitale kontakte tel 3 punte
Tel 2 punte vir elke area, soos hieronder, op elke band.
Tel 2 punte vir elke stasie wat op al 3 bande gekontak is.
Area 1: ZS1 Wes-Kaap
Area 2: ZS2 Oos-Kaap
Area 3: ZS3 Noord-Kaap
Area 4: ZS4 Vrystaat
Area 5: ZS5 KwaZulu-Natal
Area 6: ZS6 Gauteng, Mpumalanga; Limpopo en Noord-Wes
Area 7: 3B8 Mauritius, 3DA Swaziland, 7P Lesotho, 7Q Malawi, C9 Mosambiek, Z2 Zimbabwe, 5R Madagascar, FR Reunion Eiland en FH Mayotte
Area 8: 9J Zambië, A2 Botswana, D2 Angola, V5 Namibië, ZD9 Gough en Tristan da Cunha Eilande, ZS7 Antarktika en ZS8 Marion Eiland.
Kontakte met stasies buite hierdie areas word toegelaat, QSO-punte kan ge-eis word maar geen punte word vir areas of vir driebanderwerking toegeken nie.
7. Borg
Stuur logstate aan zs4bfn@netactive.co.za of per e-pos aan Die Bloemfontein ARK, Posbus 33211, Fichardt Park, 9317, die sluitingsdatum vir insending is 27 Augustus 2012.

RAE-KLASSE

Die Bloemfontein ARK gaan RAE-klasse vanaf Vrydag 17 Augustus aanbied. Die klasse sal weekliks om 18:00 op Vrydagaande aangebied word. Vir meer inligting kontak Warren, ZS4W, by e-pos zs4whiskey@mweb.co.za of mobiele foon 082 777 9094.

KLUBNUUS

Met die AJV van die Zoeloeland Amateuradioklub, wat die 12de Julie in Richardsbaai gehou is, is die volgende komiteelede verkies:

Voorsitter: John Kramer, ZS5J
Ondervoorsitter: Andrew Jansen, ZS5AND
Tesourier: Willie Axford, ZS5WI
Sekretaresse: Dawn Snyders, ZS5ME
Ander lede: Jo Snyders, ZS5PO (Redakteur)
Anne Griffiths ZS5FAB
Warren Snyders, ZS5WOZ.

Ons wens hulle sterkte toe vir hul dienstermyn, en bedank die uitgetrede lede vir hul harde werk gedurende hulle diens termyn.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteitsvlak laag tot gematig is. Heelwat sonvlekke is tans sigbaar maar die kanse vir groot fakkels is gering.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 82.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees. As gevolg van die hoër sonaktiwiteit gaan 10 m openinge meer gereeld voorkom.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE
13 Augustus – Dit is môre, nuwe sluitingsdatum vir insending van logstate vir die SARL HF Foonkompetisie.
15 Augustus – Die Elektroniese Kommunikasie Wysigingskrif. Laaste dag vir insending van u kommentaar aan secretary@sarl.org.za.
16 Augustus – Laaste dag vir insending van JD-naellooplogstate na zs4bfn@netactive.co.za of Bloemfontein RAK, 33211, Fichardt Park, 9317.
18 Augustus - RTA in Gauteng, bespreek nou om aan ’n bygevoegde prystrekking te kan deelneem.
19 Augustus - SARL HF digitale kompetisie
26 Augustus - SARL HF GG-kompetisie.
27 Augustus - Laaste dag vir insending van logstate vir die SARL HF digitale kompetisie na zs4bfn@netactive.co.za of Bloemfontein RAK, 33211, Fichardt Park, 9317.

SARLNUUS nooi klubs en individue om nuusbrokkies wat radioamateurs en kortgolfluisteraars sal geniet, in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateurradio VANDAG wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio TODAY', gaan af op die groen kolom en klik op 'LISTEN ON THE WEB'. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 17:30 UTC op 3 230 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur George Honiball, ZS6NE.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003